HANNATJIE DU PLESSIS
Welkom
Hannatjie du Plessis is gebore en getoë in Pretoria.  Sy het haar moeder se liefde vir klassieke musiek en sang geërf.  Behalwe dat sy instrumente soos klavier en orrel kan bespeel, sing sy ook in verskeie tale o.a. Afrikaans, Engels, Duits & Italiaans. Deurentyd het sy by verskeie gemeentes uitgehelp as aflos-orrelis en ook as solis saam met ‘n kerkkoor opgetree. Verdere sang optredes het gevolg by skole, aftreeoorde, kerke, troues & kultuurfeeste.  Ook het sy al die verhoog met ander kunstenaars, bekende en onbekendes gedeel.  Hannatjie skop af met haar debuut album "DIE LEWE IS 'N LIED'' as titelsnit, waarin sy mense bekoor met haar klassieke musiek en stem.